top of page

The sky has no limits, neither should you. - Usain Bolt

SPORT

Ons fokus is daarop gerig om leerders nie net akademies toe te rus nie, maar ook blootstelling aan sport en die natuur te gee.  

Ons kweek die liefde vir sport van jongs af. Emosioneel en fisies is dit baie voordelig en bo en behalwe alles, bevorder FD Conradie van jongs af goeie sportmanskap.

Sportsoorte wat by Laerskool FD Conradie aangebied word, word vanaf Gr. 1 – 7 aangemoedig en sluit hokkie, krieket, netbal, rugby, tennis, atletiek en jeugskou in.

Leerders kan ook aan addisionele sportsoorte deelneem wat privaat in en om ons omgewing aangebied word.

FD Conradie se sport word aaneenlopend deur die jaar aangebied en vir gerieflikheid, vind alles op een terrein plaas.

Die enigste verwagtinge is dat leerders nog kind-wees sal ervaar, deelname met ‘n positiewe gesindheid sal geniet en goeie sportmanskap sal ontwikkel. 

Afrigters woon sportklinieke by waartydens ons ons standaarde en vernuf meet aan die van ander.

Sporttoere/ toernooie bly altyd ‘n hoogtepunt vir ons leerders en juis daarom bied ons soveel moontlik geleenthede vir deelname.

Ons skool is al deur menige atlete en sportspelers by streeksproewe verteenwoordig en meer as net ‘n handjie vol het ook al hulle merkie gelaat by die Boland-, Noord-Boland, Witzenberg, WP en selfs SA spanne.

24.png

Atletiek

Ons leerders kan aan verskeie atletiek-items gedurende die somer deelneem.

25.png

Tennis

Ons het 'n eerste seuns- en dogtersspan. Die res van die leerders ontwikkel hul tennisvaardighede tydens motoriek periodes.

Somersport

20.png

Krieket

Ons grondslagfase-maats speel mini-krieket en dan het ons twee senior spanne, o/11 en o/13.

18.png

Jeugskou

Leerders skou met bokke en neem aan verskeie skoue gedurende die jaar deel. Ons spog elke jaar met WP-skouers en SA-leerders.

22.png

Hokkie

Ons leerders neem deel aan hokkie vanaf 'n vroeë ouderdom en ons spog ook met 'n splinternuwe Astro-hokkieveld.

Wintersport

21.png

Netbal

Mini-netbal word by ons graad 1-3 maats gespeel en ons o/10 tot o/13-spanne neem elke jaar aan verskeie toernooie en proewe deel.

19.png

Rugby

Ons het 3 grondslagfase rugbyspanne en twee senior rugbyspanne.

bottom of page