The best way to predict your future is to create it. - Abraham Lincoln

ASSESSERING
By Laerskool FD Conradie word daar streng volgens beleid en voorskrifte van die WKOD onderrig. Ons kurrikulum onderskryf die volgende:
-
Elke kind kan leer en sukses ervaar.
-
Sekere kinders benodig meer/minder tyd om te kan leer.
By Laerskool FD Conradie is alle klasse toegerus met skryfborde, projektors en internet. Dit bring die buite-wêreld na die klaskamer en maak die leerproses vir die kinders interessant. Ons onderwysers is professioneel, passievol en vriendelik en al ons leerders word van jongs af blootgestel aan ons skool se biblioteek en rekenaarsentrum vir optimale ontwikkeling.
Graad 1-3 Die Grondslagfase streef daarna om elke kind geborge en veilig te laat voel. Dit is vir ons baie belangrik dat die klasse so klein as moontlik gehou word, sodat elke leerder se potensiaal ten volle ontwikkel en bereik kan word. Hierdie is die vier Leerareas wat aangebied word: Wiskunde Afrikaans Huistaal Engels as Eerste Addisionele Taal Lewensvaardigheid Skoolwerk word kwartaalliks d.m.v. Formele Assesserings Take vir elkeen van die bogenoemde leerareas geassesseer. Verslae word kwartaalliks uitgereik en is gebaseer op ‘n 7-kode skaal.