top of page

The best way to predict your future is to create it. - Abraham Lincoln

ASSESSERING

By Laerskool FD Conradie word daar streng volgens beleid en voorskrifte van die WKOD onderrig. Ons kurrikulum onderskryf die volgende:

  • Elke kind kan leer en sukses ervaar.

  • Sekere kinders benodig meer/minder tyd om te kan leer.

By Laerskool FD Conradie is alle klasse toegerus met skryfborde, projektors en internet. Dit bring die buite-wêreld na die klaskamer en maak die leerproses vir die kinders interessant. Ons onderwysers is professioneel, passievol en vriendelik en al ons leerders word van jongs af blootgestel aan ons skool se biblioteek en rekenaarsentrum vir optimale ontwikkeling.

Graad 4-7 Die intermediêre- en seniorfase-leerders ontvang, volgens die KABV, onderrig in ses vakke en Gr. 7 'n totaal van nege vakke. Kwartaal 1 en 3 volg die leerders ‘n toetsreeksrooster. Kwartaal 2 en 4 word ‘n eksamenrooster gevolg. Deurlopende assessering verseker dat opvoeding en onderrig van ‘n hoë gehalte is en dat leerder, opvoeder en ouer op ‘n deurlopende basis op hoogte van ‘n leerder se vordering gehou word. Verslae word aan die einde van elke kwartaal uitgereik. Verslaggewing geskied volgens ‘n 7-kode skaal.

Hulpbronne

Ons onderwysers is vakkenners in hul spesifieke vakke. Ons kernvakke, Afrikaans, Engels en wiskunde is ons fokuspunt en daarom het ons webtuistes ontwikkel om met leer en onderrig, tuis, te help.

FDC-Wiskunde Webtuise

FDC-Afrikaanse Webtuiste

FDC-Engelse Webtuiste

Citrus Fruits
bottom of page