If we are to preserve culture, we must continue to create it. - John Huizinga


Musiek
Ons graad 7's word as deel van die kurrikulum aan musiek blootgestel. Ons musiekonderwyser, gee ook musieklesse aan ingeskrewe leerders wat daaraan wil deelneem.


Konsert en kultuuraand
Ons kultuuraand is elke jaar n hoogtepunt. Op hierdie geleentheid kry ons kultuur aangedrewe kinders geleentheid om hulle talente ten toon te stel. Ons hou ook elke driejaarliks 'n konsert waaraan alle leerders vanaf Graad 1-7 deelneem.


Eisteddfod en redenaars
Ons leerders neem jaarliks aan verskeie items by die Eisteddfod deel.
Leerders wat geidentifiseer word kry ook blootstelling aan redenaarskompetisies.


Koor
Ons senior koor wat uit leerders van graad 4-7 leerders bestaan, neem elke jaar aan die Eisteddfod deel. Ons koor tree ook by verskeie en verskillende funksies op.
Spreekkoor


Die spreekkoor bestaan uit ons grondslagfase-leerders. 'n Nuwe kultuuritem wat hierdie jaar op die been gebring word.



