Skool Geskiedenis
In 1866 is die eerste derde klas openbare skool gestig met 42 leerlinge (Alfredtertjies) onder die toesig van “Master” Strobos .
Die gebou, ‘n tydelike konstruksie, was bekend as die ” Huis op Pale “.
Dit het bestaan uit ‘n raamwerk van pale wat toe gemaak was met dekriet waaroor daar klei gesmeer was om dit dig te maak.
Hierdie “Huis op Pale” het gestaan waar die dorp se stadsaal in die hoofstraat vandag geleë is. In hierdie dekriet lokale was dit die ene Albert Strobos se taak om die kweperlat te swaai.
In 1871 is die ” Huis op Stokke ” gesloop toe ‘n permanente gebou beskikbaar geword het. Dit is ook gebruik as die kerk. ‘n Nuwe skoolmeester, D.G. Roux, is aangestel en hy het ‘n geestelike leier in die gemeenskap geword.
Na baie onderhandeling, het die skoolkomitee daarin geslaag om ‘n nuwe gebou in 1910 te bekom. Sedert 1969 staan die skool bekend as die FD Conradie Laerskool



